
=====================================================================
Vroeg in nuwe eeu (hoofartikel) (AV 7:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Vroeg in nuwe eeu

HOOFARTIKEL

AAN die begin van die nuwe eeu is daar duidelik bemoedigende tekens k in die Afrikaanse taallewe, afgesien van al die spreekwoordelike 
taaldruk op Afrikaans in die nuwe Suid-Afrika.

Die openbare taaldebat oor die posisie van Afrikaans is lewendig en oral klink nuwe stemme op daarin. 'n Mens sien dit aan besprekings 
rondom die Ope Brief van 24 aan mnr. Mbeki, Z.B. du Toit se boek Die nuwe toekoms en die totstandkoming van Dan Roodt se nuwe beweging 
Praag.

Die Afrikaanstaliges wys daardeur hul vasbeslotenheid om nie op die agtergrond geskuif te word in 'n verengelsende Suid-Afrika en in die 
Afrika renaissance nie.

In die Afrikaanse koerante is daar deurlopend in die vorm van diepte-artikels en wakker bydraes in briewekolomme 'n stroom van getuienis 
dat denkende Afrikaanstaliges se stem nie naastenby stil raak of moedeloos word nie.

Vanjaar gaan 'n jubeljaar van kunste- en kultuurfeeste vir Afrikaans wees. Met die aankondiging van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees se 
meer uitgebreide feesprogram en met die koms van ook die Windhoek-fees as fris nuweling in die Suider-Afrikaanse feestewreld, kan die 
Afrikaanse publiek byna nie anders nie as om saam opgewonde te raak.

Ook in die elektroniese media as mees moderne uitdra-gebied vir 'n taal gebeur dinge vir Afrikaans. In die jongste verlede het kykNET en 
Kosmos Digitaal begin wys waarheen hulle suksesvol op pad is. Op die Internet word Afrikaanse tuisblaaie, of die Afrikaanse deel van 
tweetalige tuisblaaie soos di van Sanlam, ywerig besoek. Volgens een kenner is die Afrikaanse mark op die Net die snelgroeiendste 
gemeenskap!

Dit is nie net eensydig van Afrikaanskant dat daar 'n nuwe belangstelling in Nederlandstalige en Europese wortels is nie.

Ook in Nederland, Vlaandere en ander dele van Europa is daar 'n merkbare toename van belangstelling in Afrikaans. 'n Mens merk dit onder 
meer by universiteite (by dosente en studente), by geleenthede soos die jaarlikse Vlaamse Boekebeurs in Antwerpen en by Anglo-Boereoorlog 
uitstallings in Nederland.

'n Mens sien dit ook in die belangstelling wat daar vanuit Nederland en Vlaandere is vir gesamentlike projekte met Afrikaanstaliges, soos 
op taal-, kunste- en kultuurgebied.

Dit alles is goeie nuus vir Afrikaans, mits die behoeftes van die bre arm gemeenskap in die Afrikaansgeledere ook voldoende aandag kry: 
deur geletterdheidswerk, onderwyshulp en ekonomiese bemagtiging. Hiervoor beywer die Stigting vir Afrikaans hom as een van sy 
hoofprioriteite. Karel Prinsloo, uitvoerende direkteur van die Stigting vir Afrikaans.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av727.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 2000 /// Gee kans! Afrikaans se saak groei wreldwyd (AV 7:2) /// 
Trust het miljoene geskenk (AV 7:2) /// Kursus in Afrikaans (AV 7:2) /// Limeriek I (AV 7:2) /// 'Kom ons lees en laat lees' (AV 7:2) /// 
Limeriek II (AV 7:2) /// Vroeg in nuwe eeu (hoofartikel) (AV 7:2) /// In memoriam Ds. Flip van der Westhuizen (AV 7:2) /// Sebrastrepe s 
hul s vir Afrikaans (AV 7:2) /// Oor Afrikaans klap woord en weerwoord (AV 7:2) /// Tyd van liefh het aangebreek (AV 7:2) /// Man met 
swart baret se woorde rinkink (AV 7:2) /// 'Losing my religion' (AV 7:2) /// Taalslordigheid berokken skade (AV 7:2) /// Limeriek III (AV 
7:2) /// 'Etse! Tjeend gaan met grrawater uit!' (AV 7:2) /// Dans uit vergange se dae (AV 7:2) /// Nergensland (AV 7:2) /// Nag vol 
feeste! (AV 7:2) /// Duitser berig in Afrikaans uit Europa (AV 7:2) /// Staande ovasie vir Afrikaans (AV 7:2) /// Duitse toewyding 
toegespits op Afrikaans (AV 7:2) /// Ambassade reik kosbare CD uit (AV 7:2) /// 'Bubbelbad' borrel (AV 7:2) /// Waar's daai gogga? (AV 7:2) 
/// Wind van voor is niks nuuts nie (AV 7:2) /// Afrikaans en die jeug (AV 7:2) /// Hoe praat jy met tieners? (AV 7:2) /// Onthou om nie te 
vergeet nie (AV 7:2) /

